
Video POP
Wat jy nodig het
- 4 houtkissies
- 6 houtpote
- Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear
- verfkwas
- skuurpapier
- Woodoc Colours Brights Red
- menghouer
- mengstokkie
- houtlym
- spykerskieter
- skroewedraaier
- skroewe
1 Wend drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear alkante van die kissies aan; laat elke laag goed droog word en skuur liggies na die eerste en tweede lae droog geword het. Moenie ná die derde laag skuur nie.
2 Skink sowat 100 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear in ’n menghouer en voeg Woodoc Colours Brights Red by. Meng goed.
3 Doop elke poot in die mengsel en laat dit heeltemal droog word. Verseël die pote met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Matt Clear (volg dieselfde metode as in stap 1).
4 Gebruik die houtlym en spykerskieter om die kissies aan mekaar vas te sit sodat dit ’n rak vorm.
5 Skroef die pote aan die rak se onderkant vas.