Wat jy nodig het

  • 18 mm-laaghout, gesaag in: een 320 mm x 280 mm-plank; twee 150 mm x 75 mm-stutte
  • Alcolin Fix-All
  • agt 30 mm- ronde magnete
  • boor en 35 mm-skarnierboorpunt
  • 120-grint-skuurpapier
  • figuursaag

So maak jy

1. Meet en merk die posisie vir die messe met lyne op die agterkant van die plank.

2. Boor twee gate op elke lyn vir die magnete en saag twee 40 mm x 18 mm-gleuwe in die onderrand, 50 mm van die sye.

3. Plak die magnete in die gate vas met die Alcolin Fix-All.

4. Saag ’n 40 mm x 18 mm-gleuf in die middel van elke stut. Skuur die hout glad, maak die plank op die stutte staan en plaas jou messe teen die voorkant van die plank.