Wat jy nodig het

  • 3 houtkissies
  • 2 dennehoutplanke (1 800 x 22 x 44 mm)
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours Brights (Green)
  • figuursaag
  • G-klampe
  • tekendriehoek
  • skroewedraaier
  • vier 40 mm-spaanderbordskroewe
  • verfkwas

So maak jy ...

1 Meet en maak ’n merk halfpad oor die lengte van die dennehoutplanke.

2 Klamp die planke aan jou werktafel vas en saag elkeen deur by die merke wat jy in stap 1 gemaak het.

3 Plaas die vier planke langs mekaar en maak seker hul ente lê gelyk.

4 Plaas die kissies op die planke. Meet en merk die hoogte vir elke vlak oor al vier planke. Gebruik ’n tekendriehoek om seker te maak jou lyne is haaks.

5 Skuif twee van die planke opsy en spasieer die ander twee só dat hulle sowat 3 cm van die kissie se hoeke af is. Skroef die kissies aan die pote vas op die merke wat jy in stap 4 gemaak het.

6 Skroef die ander twee pote net soos hierbo aan die ander kant van die kissies vas.

7 Meng Woodoc Colours Brights (Green) by sowat 200 ml Woodoc Water-Borne FLOOR.

8 Verf die rak binne en buite met drie lae van die Woodoc-mengsel; laat elke laag droog word voor jy die volgende laag aanwend en skuur liggies na die eerste en tweede lae.