Wat jy nodig het

  • stuk afvalhout van 350 x 400 mm
  • patroon van katdeur
  • skêr
  • potlood
  • boor met 8 mm-boorpunt
  • figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • deursigtige Woodoc Water-Borne DECK
  • Woodoc Colours in die kleur Clifton Grey
  • verfkwas
  • skroewedraaier en skroewe

So maak jy ...

1. Laai die patroon af (HIER), druk dit uit en knip die vorm uit.

2. Sit die patroon in die middel van die hout neer en trek die patroon af.

3. Klamp die hout aan jou werkoppervlak vas. Boor ’n gidsgat en saag die vorm met die figuursaag uit.

4. Skuur die rande glad.

5. Meng die Woodoc Colours Clifton Grey met die deursigtige Woodoc Water-Borne DECK in ’n houer.

6. Verf die hout oraloor met drie lae van die verseëlaar; laat dit tussen lae droog word.

7. Saag een plank in jou heining effens korter, met sowat 350 mm. Sit die katdeur oor dié opening en skroef vas.