Wat jy nodig het 

  • 44 mm x 44 mm x 1,8 m-dennehoutplank
  • figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • nulletjies-en-kruisies-patroon
  • aftrekpapier
  • pen
  • Woodoc Gel Stain in die kleur Ebony
  • kunstenaarskwas
  • Woodoc Water-Borne FLOOR
  • verfkwas
  • 150 x 150 x 55 mm-houtboks

So maak jy ...

1. Gebruik die figuursaag om nege 44 mm-blokkies uit die plank te saag.

2. Skuur die rande glad.

3. Trek die nulletjies en kruisies met die deurslagpapier op die blokkies af; jy moet ’n nulletjie en ’n kruisie op elke blokkie trek.

4. Gebruik die kunstenaarskwassie om die nulle en kruise versigtig met twee lae Woodoc Gel Stain te verf.

5. Laat die Gel Stain vier uur staan om droog te word en verseël dan oraloor met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR; laat elke laag droog word voor jy die volgende een aanwend. 

6. Sit die blokkies in die boks.