Video Francois Oberholster | Redigering Suné Esterhuizen

Wat jy nodig het 

  • ’n afvalstuk steierplank (sowat 850 mm lank)
  • 6 m dik tou (die lengte hang af van hoe hoog jou tak is)
  • boor met 19 mm- plat boorpunt
  • skuurpapier
  • stensil
  • aftrekpapier
  • pen
  • Woodoc Gel Stain in die kleur Ebony
  • Woodoc Water-Borne DECK
  • klein kunstenaarskwas
  • verfkwas

So maak jy ...

1. Boor ’n 19mm-gat op elke hoek van die steierplank.

2. Skuur die plank se rande glad.

3. Laai die stensil hier af en druk dit uit.

4. Gebruik die aftrekpapier om die woorde versigtig op die plank se een sy af te trek.

5. Verf die woorde met die Gel Stain en kunstenaarskwassie. Laat dit droog word en verf ’n tweede laag. Laat dit dan vier uur staan om droog te word.

6. Verseël die plank oraloor met drie lae Woodoc Water-Borne DECK; laat elke laag droog word voor jy die volgende een aanwend.

7. Knip die tou in twee lengtes van 3 m en knoop dit deur die gate wat jy in stap 1 gemaak het.

8. Maak die toue aan ’n boomtak vas.

LW: Woodoc Gel Stain verbleik in direkte sonlig.