Wat jy nodig het

• 22 mm x 44 mm- geskaafde dennehout:

  • agt 175 mm-lengtes (saag een ent teen 45º)
  • vier 350 mm-lengtes (saag albei ente teen 45º)

• 6 mm x 40 mmspaanderbordskroewe
• Alcolin Fast Set Wood Glue
• Alcolin Woodfiller
• 120-grintskuurpapier

So maak jy ...

1. Gebruik Alcolin Fast Set Wood Glue en lym en skroef ’n 350 mm-plank tussen twee 175 mmplanke vas (skuins hoeke teen mekaar) om ’n breë U te vorm. Herhaal die proses en maak nog drie soortgelykes.

2. Lym en skroef die vier U-vorms kloksgewys aan mekaar vas. Vul die skroefgate met Alcolin Woodfiller; laat dit goed droog word en skuur deeglik.