Foto’s Ed O’Riley

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 12 x 144 mm-planke, gesaag in:
  • ses 350 mm-lengtes
  • 22 x 69 mm-planke, gesaag in:
  • twee 900 mm-lengtes
  • twee 350 mm-lengtes
  • twee 286 mm-lengtes
  • vier 600 mm-lengtes
  • 4 mm x 45 mm-snyskroewe
  • 4 mm x 16 mm-spaanderbordskroewe
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear (Matt/Gloss)
  • Woodoc Colours Ebony
  • menghouer en plat roerspaan
  • verfkwaste
  • skuurpapier
  • 4 rolwiele

GEREEDSKAP

  • elektriese skroewedraaier
  • liniaal

1 Basisraam Skroef die twee 900 x 22 x 69 mm-planke aan die twee 350 x 22 x 69 mm-planke vas.

2 Basis Skroef die ses 350 x 12 x 144 mm-planke aan die basisraam vas; maak seker hulle is ewe ver uitmekaar gespasieer.

3 Sye Plaas een van die 286 x 22 x 69 mm-planke haaks oor twee van die 600 x 22 x 69 mm-planke en skroef vas. Maak twee van dié sye.

4 Skink sowat 100 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear (Matt/Gloss) in die menghouer. Voeg die Woodoc Colours Ebony by en roer goed; roer ook tydens aanwending.

5 Verf die sye met drie lae van die mengsel wat jy in stap 4 gemaak het.

6 Verf die basis met drie lae Woodoc Water-Borne FLOOR Clear (Matt/Gloss). Skuur liggies met fyn skuurpapier ná die eerste en die tweede laag droog geword het, maar nie ná die laaste laag nie.

7 Skroef die sye aan die basis vas, met die dwarsplank bo aan die binnekant.

8 Skroef laastens ’n rolwiel in elke hoek van die basis van jou trollie vas.