Wat jy nodig het
- Houtringe
- Template
- Deurslagpapier
- Pen
- Woodoc Colours in die kleure Ebony en Full Moon
- Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
- Mengbakke
- Kunstenaarskwaste
- Boor met 4 mm-boorpunt
- Tou
So maak jy ...
1 Laai die patroon hier af en druk dit uit.
2 Gebruik die deurslagpapier en pen om die prente op die houtringe aan te bring.
3 Meng sowat 50 ml Woodoc Water-Borne FLOOR Matt by elk van die twee Woodoc Colours in aparte mengbakke.
4 Verf die prente versigtig met die Woodoc-mengsels.
5 Jy kan ook ’n paar eenvoudige motiewe of vorms met die hand verf, soos ons met die sneeuvlokkie gedoen het.
6 Boor ’n klein gaatjie deur die houtringe en ryg ’n stuk tou deur om jou versierings aan die Kersboom op te hang.
7 Laat die motiewe wat jy aangebring het droog word. Verseël dit dan met Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt; dit sal die ontwerpe langer laat hou.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET