Wat jy nodig het

  • stensil
  • A4-Priplak (0,5 mm-plas ekvel)
  • maskeerband
  • kunsvlytmes
  • snymat
  • potlood
  • kunstenaarskwas
  • breë kwas met sagte hare
  • verguldersgom (“gilding size”, te kry by spesialis- kunswinkels soos The Deckle Edge)
  • bladkoper (te kry by spesialis-kunswinkels soos The Deckle Edge) 

1. Plak die stensil met die maskeerband op die Priplak. Sny die ontwerp versigtig uit met die kunsvlytmes.

2. Dra die patroon met die stensil op jou vloer oor.

3. Gebruik die kunstenaarskwas en verf jou patroon met die verguldersgom; gee dit sowat 15 minute kans om taai te word.

4. Sit ’n vel bladkoper versigtig oor elke patroon. Gebruik die breë kwas om versigtig oor die koperblaar te borsel; die areas met die gom sal vassit en die res sal afkom.