Wat jy nodig het:

  • gelamineerde-dennehoutplank
  • goue viniel
  • patrone
  • aanspuitgom
  • Woodoc Water-Borne FLOOR
  • Woodoc COLOURS in Clifton Grey
  • handwerkmessie
  • skêr
  • figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • boor met 8 mm-houtboorpunt
  • lint

So maak jy:

  1. Laai die patrone af en druk dit uit. [Laai die KERSVERSIERINGS-PATROON hier af] [Laai die STERPATROON hier af
  2. Hou die ster-patroon eenkant en plak die ander op die agterkant van die goue viniel met die aanspuitgom. Gebruik die handwerkmessie en skêr om die vorms versigtig uit te knip.
  3. Trek die ster op die dennehoutplank af. Hou die plank in plek met die G-klampe en saag die vorms met die figuursaag uit.
  4. Boor ’n gat in een van die sterre se punte.
  5. Skuur die rande glad.
  6. Meng die Woodoc COLOURS by die Water-Borne FLOOR in en wend twee lae aan albei kante van die sterre. Wag tot die eerste laag droog is voor jy die tweede een aanwend.
  7. Wag tot die tweede laag droog is en plak die viniel-vorms in die middel van elke ster.
  8. Ryg ’n lint deur die gat wat jy in stap 4 gemaak het en hang jou sterre op.

Video: Francois Oberholster | Redigering: Suné Esterhuizen | Musiek: www.bensound.com