Wat jy nodig het 

INKOPIELYS 

  • houtlepels van jou keuse
  • stamper en vysel
  • Woodoc Water-Borne FLOOR (Clear, Matt/Gloss)
  • Woodoc Colours Opal, Full Moon, Clifton Grey, Mulberry, Sweet Grass en Deep Plum 

GEREEDSKAP 

  • 5 klein bottels en ’n mengbak
  • plat roerspaan
  • metaalknippe
  • tou 

Só maak jy

1 Maak die bottels amper vol met Woodoc Water-Borne FLOOR en gooi dan ’n bietjie Woodoc Colours by elk van die bottels in (een kleur per bottel). Skud die bottels om te meng. Gooi sowat 150ml van die Water-Borne FLOOR in die mengbak en meng ’n sesde kleur daarby. Gebruik die roerspaan om dit deeglik te meng. 

2 Span ’n lengte tou. Jy gaan jou lepels daaraan hang om droog te drup; sit papier daaronder om jou werkvlak skoon te hou. 

3 Doop die lepelstele in die verskillende kleure en gebruik die metaalknippe om dit mee op te hang. Doop die stamper en vysel in die kleurmengsel in die mengbak. 

4 Wag tot die eerste laag droog is en doop die items weer vir ’n meer soliede voorkoms.