Foto’s Francois Oberholster

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• bankie

• lap van jou keuse

• mod podge

GEREEDSKAP

• verfkwas

• skêr

• kramskieter

PROJEKGIDS

Harde werk 1/10

Vaardigheidsvlak 1/10

Tyd nodig 2 uur

Doen dit self vir R1095: Bankie R500, vadoek R290, bedrukte lap R250, mod podge R55

Só maak jy ...

1 Plaas die eerste stuk lap op die bankie; maak seker dit kan heeltemal oor die rand tot onder die sitplek vou. Merk die posisie van die lap-rand op die sitplek.

2 Wend die mod podge aan oor die deel wat jy in stap 1 gemerk het; verf dit oor die sitplek en die sye.

3 Sit die lap nou op die gesmeerde area neer en vee dit glad met jou hande.

4 Herhaal stap 1–3 met die tweede stuk lap. Vou die rand om waar dit die eerste lap oorvleuel indien dit nie reeds ’n gestikte soom het nie.

5 Draai die bankie om. Knip enige oortollige lap af, maar los genoeg dat jy die rande (plus ’n gevoude soom) tot op die onderkant van die sitplek kan vou.

6 Vou die lap oor die sitplek se rand, vou ’n soom en kram vas.

7 Maak die bankie weer op sy pote staan. Wend drie lae mod podge oor die lap aan en wissel die rigting waarin jy werk, telkens af. Laat die mod podge tussen lae droog word.

VERSKAFFERS