Foto’s Francois Oberholster 

PROJEKGIDS

Harde werk 1/10

Vaardigheidsvlak 2/10

Tyd nodig 1 uur

Doen dit self vir R272:

Papier R60,

stireenvelle R62,

passtuk vir plafon R130,

LUD-gloeilamp R20

Wat jy nodig het

Inkopielys

• 3 velle dik A3-papier (160 gsm)

• A4-vel stireen • passtuk vir plafon

• splitpen

• alkantkleefband

• LUD-gloeilamp (dit bly veilig koel)

Gereedskap

• staalliniaal

• snymat

• nutsmes of bosseleerpen

• potlood

• krammasjien

• skêr

• pons 

Só maak jy ...

1 Sit die eerste vel papier dwars op die snymat neer. Gebruik die liniaal en nutsmes en diepmerk ’n vertikale lyn 1cm van die regterkantse sy af (moenie deursny nie). Dié strook vorm ’n lippie vir die plakslag in stap 5.

2 Meet en diepmerk sewe vertikale lyne ewe ver uit mekaar om die res van die papier in agt gelyke dele te deel. Vou die vel in ’n waaiervorm, en maak dit dan weer plat.

3 Maak ’n klein potloodmerk 22 cm van bo af op die eerste, derde, vyfde en sewende voulyn. 3a Gebruik die liniaal en nutsmes en diepmerk lyne wat elke potloodmerk aan die bokant en onderkant van die voulyne aan weerskante verbind. Vee die potloodmerke uit.

4 Vou elke lyn wat jy in stap 3 gemerk het, in ’n bergpiek. Die papier moet nou die vorm op die foto hierbo hê (dit het dalk ’n bietjie druk en vou nodig). Herhaal stap 1–4 met die ander twee velle.

5 Maak ’n lippie waarmee die drie dele aan mekaar geplak kan word deur die boonste en onderste hoeke van die 1 cm-strook aan die regterkant van elke deel af te knip in ’n spieëlbeeld van die voulyn langsaan.

6 Druk elk van die 3 gevoude dele plat en draai dit op sy sy. Knip dan die boonste vou skuins deur al die lae: Begin sowat 3 cm van die eindpunt van die vou af en eindig by die boonste punt.

7 Sit die drie dele aan mekaar vas: Plak alkant-kleefband aan die voorkant van die lippie aan die regtersy van die eerste deel, en plak dit vas aan die agterkant van die linkersy van die volgende deel; sorg dat die bo- en onderkante gelyk is.

8 Knip al langs die voue van die tweede bergpiek aan die regterkant van die strook (sien foto). Gooi die afgeknipte stuk weg.

9 Hou die strook in sy voue en draai dit om. Bo sal daar driehoekige voue wees wat uitstaan. Werk teen die boonste rand en kram die twee lae van elke driehoekige vou so na moontlik aan die vou-basis vas.

10 Plak nou alkantkleefband op die rand wat jy in stap 8 geknip het.

11 Knip ’n A4-vel uit die stireen. Pons ’n gaatjie in die hoek links bo. Rol die vel in ’n keël en merk waar die gaatjie val. Pons nog ’n gaatjie op die merk wat jy gemaak het.

12 Sit die lamphouer en koord op die vel neer en rol dit weer in ’n keël sodat die gate oor mekaar lê. Druk die splitpen deur die gate en buig dit oop om die keël in posisie te hou.

13 Draai die origami-lampkap om die keël met die koord van jou lig-passtuk, en plak vas met die alkant-kleefband wat jy in stap 10 geplak het. Draai ’n LUD-gloeilamp in die lamphouer.

VERSKAFFERS

Frank van Reenen

H&M 021 826 7451

Maizey Plastics 0861 100 420

Rialheim 079 898 3120

The Deckle Edge 021 180 4442