Woodoc-dekor vir ’n Paastuin

Vennootskapsveldtog Vennootskapsveldtog
Hou die kleinspan besig met ’n Paaseiersoektog dié langnaweek en kikker dit op met oulike tuisgemaakte tuindekor geïnspireer deur Woodoc Colours.

Wat jy nodig het:

  • 12 x 144 x 1 800 mm-dennehoutplank (in drie stukke van 300 mm gesaag)
  • 8 x 44 x 2 400 mm-dennehout-dekstrook (in drie stukke van 300 mm gesaag)
  • Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt
  • Woodoc Colours in die kleure Full Moon, Opal, Knysna Green en Orange (Brights)
  • patrone
  • maskeerband
  • deurslagpapier
  • pen
  • figuursaag
  • G-klampe
  • skuurpapier
  • houers om in te meng
  • mengstokkies
  • verfkwaste
  • kramgeweer

Só maak jy ...

1. Laai die patrone hier af en druk dit uit.

2. Plak die patrone op die 30 cm-lengtes dennehoutplank vas met maskeerband. Skuif die deurslagpapier tussen die patroon en die hout in en trek die vorm op die hout af.

3. Klamp die hout met G-klampe aan jou werkblad vas en saag die vorms versigtig uit. Skuur die rande glad.

4. Giet sowat 50 ml van die Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt in elke houer. Voeg die Woodoc Colours by die onderskeie houers en meng goed.

5. Verf die vorms met drie lae in die kleure wat jy in stap 4 gemeng het; laat die eerste twee lae goed droog word en skuur liggies nadat eerste en tweede laag droog is, maar moenie skuur ná die derde laag droog is nie. 

6. Teken ’n V-vorm op een ent van elke 30 cm-dekstrook en saag dit met die figuursaag uit. Seël die dekstroke met drie lae Woodoc Water-Borne MARINE Clear Matt; laat die eerste twee lae goed droog word en skuur liggies nadat die eerste en tweede lae droog is, maar moenie skuur ná die derde laag droog is nie.

7. Skiet die dekstroke aan die vorms vas met jou kramgeweer en maak hulle in die tuin staan.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees