WAT JY NODIG HET

• ’n ou holkerndeur

• ou 20-liter-verfdromme (metaal)

• 500 ml Tjhoko Paint in die kleur Karema

• 500 ml Tjhoko Paint in die kleur Tinkie’s Treat

• 2 x 1 liter Tjhoko Paint in die kleur Da’vid

• 250 ml Tjhoko Paint Clear Glaze

• 90 x 90 cm-stensil, Karema&Tinkie

• 30 x 30 cm-stensil, kode 30 x 30-6

• 3 klein verfpanne

• 225 mm-bokhaarroller

• 50 mm-sponsroller

• 110 mm-sponsroller

• lakverdunner

• koerantpapier

• maskeerband

• mikrovesellap

VAN OU DEUR TOT TAFEL...

1 Maak die deur deeglik skoon met lakverdunner en gee dit dan minstens 40 minute kans om goed droog te word.

2 Giet 500 ml Da’vid in ’n verfpan en verf een laag met jou 225 mm-bokhaarroller. Wag minstens veertig minute tot droog (hoe warmer, hoe vinniger sal dit droog word) en wend dan ’n tweede laag verf aan. Wenk Was jou bokhaarroller voor jy dit gebruik deeglik met skoon water om van los wolletjies ontslae te raak.

3 Wag weer minstens 40 minute; plaas dan die Karema&Tinkie-stensil in posisie op die blad. Begin in die middel sodat dit mooi simmetrie skep. Giet sowat 150 ml Tinkie’s Treat in ’n skoon verfpan en giet 150 ml Karema in ’n ander skoon verfpan. Begin met die kleur van jou keuse (ons het met Tinkie’s Treat begin) en rol die verf met ’n 50 mm-sponsroller aan oor die stensil. Gebruik ’n taamlik droë roller sodat die verf nie onder die stensil insypel nie; hou ’n stuk koerantpapier byderhand om oortollige verf van die roller te verwyder indien nodig. Herhaal tot jy een ry in Tinkie’s Treat voltooi het.

4 Begin nou met jou volgende ry, dié keer in Karema. Herhaal totdat die hele tafelblad na jou sin bedek is!

Die kussinkies is met ’n droë stensilkwas en stensil (kode 30x30-6) ingekleur in die kleur Karema.

VAN VERFDROM TOT SITPLEK...

1 Maak die verfdromme deeglik skoon met lakverdunner. Wag minstens 40 minute tot goed droog.

2 Gebruik ’n 110 mm-sponsroller en verf die buitekant van die drom met een laag Da’vid. Wag tot die eerste laag droog is en wend dan nog ’n laag aan vir ’n egalige afwerking. Laat staan oornag om goed droog te word.

3 Gebruik maskeerband en merk waar jy twee stroke wil verf. Ons het Karema onder en Tinkie’s Treat bo gebruik. Wend die verf aan met ’n taamlik droë 50 mm-sponsroller. Wag tot die verf droog is voor jy die maskeerband verwyder.

4 Laat staan weer oornag tot goed droog. Verdun drie dele Clear Glaze met 1 deel afgekoelde kookwater en wend dit oor die geverfde oppervlak aan met ’n klam mikrovesellap. Die glasuur sal die dromme, wat as sitplekke gebruik gaan word, beskerm teen skopmerke.

Die glasbottels is skoongemaak met lakverdunner en ná 40 minute met ’n 50mm-Hamilton’s Tjhoko Ensign-kwas geverf in óf Karema óf Tinkie’s Treat.

Tinkie’s Treat

Karema

Besoek tjhokopaint.co.za vir ’n handelaar naby jou, kry raad en inspirasie op Facebook.com/tjhokopaint – en moenie vergeet van ons Tjhoko Champs 2021-kompetisie nie!

Goeie nuus!
Kyk uit vir Tjhoko Paint – Ons storie, ons kleure, ons mense, ’n spesiale bêreboek vir Tjhoko Paint-entoesiaste. Die boek sal in Desember beskikbaar wees en is die perfekte Kersgeskenk vir die selfdoener onder jou geliefdes.