Foto’s Francois Oberholster • Stilering Marian van Wyk

Die dae van wit of beige buitemure is iets van die verlede. Watter kleur jy ook al verkies, jy sal dit sekerlik in die Dulux-palet kry – en die goeie nuus is dat Dulux Weatherguard, ’n sterk, duursame buiteverf, in enige van dié kleure getint kan word en jou huis heeltemal kan omtower.

Sarah Curtis-Bowles het ’n trendy donkergrys vir die buitemure van haar huis in Kaapstad gekies. “Ek het nog altyd gehou van die wit buitekant van ons Victoriaanse huis, maar ek was in die luim vir iets meer gesofistikeerd,” se sy. “Ek wou ’n produk hê wat nie so gou vullis wys nie en redelik lank mooi sal lyk. Die natuurlike keuse was dus ’n donker skakering.

Voor die transformasie was Sarah se huis ’n vars wit – kyk net hoe die nuwe kleur die buitestort langs die binnehof opgekikker het. Asemrowend!

“Gewoonlik is houtskool my eerste donker kleurkeuse, maar dit was tyd vir iets anders; daarom het ek besluit op ’n donkergrys met ’n titsel bruin: Dulux Rum Caramel 1. Dit het die buitekant van my huis heeltemal omgetower en my sommer geïnspireer om ’n Marokkaanse waterfokuspunt met elegante teëls in ’n bypassende kleur in te rig.

“Ek is dol oor hoe die plante teen die donker mure uitstaan en hoe die binnehof soos ’n klein oase in die stad voel. Boonop kontrasteer dit pragtige met die wit binnemure. Ek kon nie vir ’n beter eindresultaat gevra het nie.”

TE KUS EN TE KEUR

Dulux Weatherguard® is te kry in ’n groot verskeidenheid kleure wat pas by elke argitektoniese styl.

Hou jy hiervan? Oorweeg ook dié gryse:

Kleurverwysings is so akkuraat as wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na kleurkaarte in die winkel vir ’n akkurate voorstelling van die kleur.

Het jy geweet?
  • Dulux Weatherguard® Fine Textured met Maxiflex®-tegnologie bied langdurige elastisiteit teen haarbarste.
  • Weatherguard® beskerm Suid-Afrikaanse huise nou al langer as 40 jaar teen die strawwe weerstoestande.
  • Weatherguard® is geskik vir talle oppervlakke, soos sement- en gipspleister, beton, veselsementplafonborde, PVC- en metaalvlakke, mits dit reg voorberei is. Dis ook te kry in Weatherguard® Ultrasmooth with Dirtflex wat mure help skoon hou.