Foto’s Sharon Welman en Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk 

WAT JY NODIG HET

INKOPIELYS

  • 100-grint-skuurpapier
  • hout-onderlaag
  • binneverf in die kleur van jou keuse; ons het Dulux Acrylic PVA in Black gebruik
  • blou verwersmaskeerband
  • spuitverf in ’n kontrasterende kleur; ons het Spraymate in Appliance White gebruik

GEREEDSKAP

  • permanente merkpen
  • handwerkmessie

Voor

So maak jy . . .

1. Berei die oppervlak voor deur die hout te skuur en enige stof deeglik af te vee met ’n klam lappie. Wend ’n laag onderlaag aan.

2. Wend dan twee lae PVA aan; wag tot die eerste laag heeltemal droog is voor jy die tweede een aanwend. 

3 & 4. Laat die tweede verflaag heeltemal droog word en bedek die blad met die maskeerband; maak seker die stroke oorvleuel effens.

Wenk Jy kan dieselfde tegniek toepas op rou hout of hout wat reeds ’n vernislaag het deur net maskeerband te plak en te spuitverf. 

5. Teken jou ontwerp op die maskeerband met die merkpen.

Onthou, ’n geometriese patroon is in die algemeen die beste opsie.

6. Gebruik die handwerkmessie om dié dele van die ontwerp wat jy ’n kontrasterende kleur wil gee, uit te sny; los die maskeerband in plek waar jy die donkerder basiskleur wil behou. Moenie te hard druk nie, anders beskadig jy die hout. 

7. Spuit ’n paar lae van die kontrasterende kleur aan, in ons geval die wit Spraymate.

8. Wag tot die verf heeltemal droog is voor jy die maskeerband aftrek. Indien jy die blad meer duursaam wil afwerk, kan jy dit met ’n dun laag deursigtige vernis verseël.