Foto's Francois Oberholster

Trippe, trappe, patrone

Dié tafel is met stensils en Annie Sloan-verf verfraai in verskillende komplementêre kleure.

So maak jy ...

1. Verf eers die hele blad met ’n soliede kleur van jou keuse – hier is een deel Napoleonic Blue gemeng met een deel Graphite vir die agtergrond.

2. Doen die stensilwerk van buite na binne, een ronde op ’n slag. Gebruik telkens ’n nuwe stensil vir elke ronde, of herhaal dieselfde stensil in ’n ander kleur. Hou so aan tot in die middel van jou tafel.

3. Seël agterna met Annie Sloan Clear Wax.

Nota

Op ’n besige tafel soos dié laat glasware en deurskynende messegoed die kollig op die detail daaronder val. Herhaal die spatsels kleur in jou servette en blomme.

Charlotte (links) en Marilize Boonzaaier (tweede van regs) van Flowerheart het die blomme rangskik; Dale Niehaus (tweede van links) en Marina Smith (regs) van Chisel & Chalk het die verfwerk gedoen.