Wat jy nodig het 

• verfkwas
• 40- tot 60-grint-skuurpapier
• spons
• toetspotjies Dulux-waterbasisverf in die kleure van jou keuse 
• metaalverf (ons het Fired Earth Liquid Metal gebruik)
• Dulux Woodgard Timbavarnish of Dulux Trade Glaze Coat

So maak jy... 

Roer die verf goed en wend een kleur op een van die houtplanke aan.

Wenk Indien die verf te dik is, kan jy dit om die helfte met water verdun.

2 Nadat die hele plank met verf bedek is, neem ’n klam spons en versprei die verf eweredig oor die oppervlak – werk dit in al die groefies in. Droog jou spons redelik goed uit en druk-druk dan daarmee oor die hout om enige oortollige verf op te tel. Jy kan met die spons ook dele met dikker en dunner verf skep vir kontras in die kleurtoon. 

3 Herhaal bogenoemde proses met elke plank en gebruik kontrasterende kleure. Gebruik die foto oorkant as verwysing.

LW Moet nog nie die metaalverf gebruik nie. Laat die waterbasisverf eers heeltemal droog word; skuur dan party dele totdat die houtgrein deur die verf wys.

4 Neem die metaalverf en verf ’n reguit vertikale lyn oor die middel van die blou-geverfde plank. Gaan dan voort en verf met die metaalverf oor die hele een helfte van dié plank tot reg teen die rand van die kopstuk. Wend net een laag aan vir ’n ligte metaalglans waardeur die blou nog wys; of laat die verf droog word en wend meer lae aan tot jy tevrede is. Herhaal dié proses met die metaalverf ook op een van die ander geverfde planke. Wag tot dit droog is, staan terug en bewonder jou handewerk!

Ter afronding Vir ’n tikkie glans kanjy die verf agterna met Dulux Woodgard Timbavarnish of Dulux Trade Glaze Coat bedek. Verdun laasgenoemde met water as jy minder glans verlang.