Foto’s Francois Oberholster | Stilering Kim Bougaardt
1. Kies genoeg planke dat hul gesamentlike breedte, wanneer hulle vertikaal langs mekaar staan, genoeg sal wees om as kopstuk vir jou bed te dien. Maak seker die planke is reguit. Van ons planke was reeds geverf. Teken verskillende profiele van wolkekrabbers op papier en trek die profiele dan met aftrekpapier op een punt van elke plank af.
2. Saag die profiele uit met jou figuursaag. Vir die vensters, boor ’n gat waardeur jou figuursaag se lem kan gaan en saag dan die openinge vierkantig uit. Skuur die saagrande netjies met growwe 60-grint-skuurpapier.