Stilering Marian van Wyk
Wat jy nodig het
INKOPIELYS
• houtvuller
• terpentyn
• Annie Sloan verf
• Stain Block (opsioneel, te kry by Annie Sloan-handelaars)
• Annie Sloan Clear Wax of -lakvernis
Gereedskap
• kunstenaarskwas
• sponsroller en verfpan
• 180-grint-skuurpapier
• groot kwas vir afstof
• stuk katoenlap, vleisdoek of sommer ’n ou T-hemp
Wanneer jy detail liggies afskuur, let op dié dele wat van nature met die verloop van tyd sou verweer.
Indien jy voor die tyd wil weet hoe die eindproduk gaan lyk, toets eers al die stappe op een kant van die kas.
So maak jy ...
1 Berei die kassie voor: Verwyder die ou handvatsels en vul die gate met houtvuller. Laat dit droog word en skuur glad.
2 Omdat die kassie oor jare gereeld met meubelolie behandel is, moes ons dit goed skoon en so olievry moontlik maak dat die verf behoorlik kon kleef: Vee die kas goed af met ’n terpentynlap en wend dan ’n laag Stain Block aan op die blad, waar die meeste olie sal sit.
3 Wag tot die Stain Block droog is en verf die hele kassie met een laag onverdunde Annie Sloan in jou gekose basiskleur; laat dit droog word.
4 Vir die dele met detail, soos die kerfwerk op die deure en laaie, het ons Annie Sloan Old White met ’n kunstenaarskwassie aangewend. Bly binne die lyne, maar as jy ’n glips het, vee dit dadelik af met ’n klam lap voor die verf droog word
5 Skuur die rande van die kassie liggies tot jy tevrede is met die verweerde voorkoms.
Ter afronding: Stof goed af met ’n skoon, droë kwas. Seël jou handewerk met Annie Sloan Clear Wax of -lakvernis.
Ceramic Factory 011 057 4314, 079 898 3120
De Companjie 083 446 1123
Fotakis Brothers 021 933 2620
Lemon & Lilac Paint Techniques (Lisa Spaarwater) 082 964 4254
MRP Home 0800 212 535
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET