• Ou houtmeubels is deurweek van die olie – maak deeglik skoon. Vind ook uit of dit vernis of met rou lynolie behandel is. Dié middels neem ongeveer 6 maande om te kuur voordat jy daaroor kan verf.
• Dra liefs handskoene wanneer jy met lakverdunner werk.
• Laat elke verflaag heeltemal droog word voor jy die volgende een aanwend.
• Meng metaalverwe goed voor en gedurende gebruik.
Wat jy nodig het
• lakverdunner
• kaasdoek
• 50 mm- en 38 mm-verfkwas
• maskeerband (opsioneel)
• emmer water
• Tjhoko Paint in die kleure Sherif’s Stone en Charm’s Silver
• Tjhoko Paint Antique Brown Glaze
SÓ MAAK JY ...
1 Was die kas baie deeglik skoon met die lakverdunner en gee dit minstens 20 minute kans om droog te word. Plak maskeerband waar nodig.
2 Wend 2 lae Sherif’s Stone aan met die 50 mm-kwas. Laat elke laag goed droog word en wag dan 20–30 minute voor die volgende stap.
3 Roer die Charm’s Silver goed voor jy dit oor die Sherif’s Stone verf. Roer ook gedurende gebruik.
4 Wend 2–3 lae aan en gee die laaste laag sowat 4 uur kans om droog te word.
5 Maak ’n skoon stuk kaasdoek nat met water en droog die oortollige vog uit. Roer die Antique Glaze goed. Doop die 38 mm-kwas in die Antique Glaze en verf klein dele op ’n slag, veral in die groewe. Vryf dan dadelik met die klam lap bo-oor sodat die glasuur mooi inmeng met die silwer agtergrond; gebruik meer of minder glasuur na gelang van jou persoonlike voorkeur.
KONTAK Tjhoko Paint 073 206 3104, tjhokopaint.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET