PROJEKNOTAS

• Enige oppervlak wat tekens van vernis, olie of politoer toon, moet deeglik met lakverdunner skoongemaak word voor jy dit verf. Gebruik ’n ou lap wat in lakverdunner gedoop is (dra handskoene) en was die kas in ’n goed geventileerde vertrek. Gee die lakverdunner minstens 40 minute kans om heeltemal droog te word. Soms sal meer as een was nodig wees. Belangrik Vermy meubels wat in die voorafgaande ses maande met vernis of olie (soos lynsaadolie) behandel is.

• Tjhoko Paint het bevat ’n ingeboude seëlaar, maar vir ’n laeglans-afwerking het ons die verf vir minstens 4 uur laat droog word en toe ’n laag Clear Glaze, verdun met die helfte water, met ’n klam mikrovesellap aangewend.

Voor

WAT JY NODIG HET

• lakverdunner

• ou lap

• handskoene

• 100-grint-skuurpapier

• 50 mm-Hamilton’s Ensign-kwas

• 110 mm-sponsroller

• 1 liter Tjhoko Paint Neo’s New

• 250 ml Tjhoko Paint John’s Joy

• 250 ml Tjhoko Paint Matt Black

• 250 ml Tjhoko Paint Cloud White

• Tjhoko Paint Clear Glaze

• Woodoc Water-Borne Deck Clear

• maskeerband

• Tjhoko Paint-stensil nommer MC018-15

1 Skuur die blad, die derde laai se voorkant en enige ander dele van die kas wat jy nie gaan verf nie liggies met 100-grintskuurpapier. Seël die geskuurde hout dan met Woodoc WaterBorne Deck Clear.

2 Verf nou die twee deure en sye met Tjhoko Paint in die kleur Neo’s New. Gebruik ’n 50 mm-kwas vir die groefies en rande en ’n 110 mm-sponsroller vir plat vlakke. Moenie oor en oor op dieselfde plek rol nie, want dit sal die oppervlak grof maak. Wag sowat 40 minute ná elke laag sodat die verf heeltemal droog kan word.

3 Verf die tweede laai se voorkant in Cloud White (sien wenk) en laat dit droog word. Plak die stensil daarop vas met maskeerband en verf dan Matt Black met die sponsroller oor die stensil. Waak teen ’n te nat roller sodat die verf nie onder die stensil invloei nie. Wenk Indien jy ’n ligte kleur soos wit of geel op donker hout wil verf, wend eers ’n laag Stone Wash as onderlaag oor die rou hout aan.

4 Verf die laaste twee laaie met Tjhoko Paint John’s Joy.

KONTAK Tjhoko Paint 011 708 3166, (kry jou naaste handelaar hier), support@tjhokopaint.co.za