Danksy ’n kombinasie van die mooiste kleure uit die Dulux Considered Luxury-palet is ’n doodgewone slaapkamer nou ’n knus toevlug.

In-samewerking-met-Dulux2

Dis tyd om te herbesin oor ons begrip van weelde. Vergeet van bling, uitspattigheid en materiële oordaad; fokus liewer op die eenvoudige plesiere in die lewe: ’n tuiste waar vriende en familie kan bymekaarkom, ’n ruimte waar jy kan ontsnap en veilig voel – soos dié dromerige slaapkamer.

Dulux-adv-bedroom-before-afrteks-web

Met Dulux se Kleur van die Jaar, Steel Symphony 2, en skakerings uit die Colour Futures™ Considered Luxury-palet, is dié ingeboude kaste omskep in ’n aantreklike fokuspunt – en dít het die koers van die res van die vertrek se opknap bepaal.

Vir die kasdeure is Dulux Luxurious Silk™, met ’n semiglansafwerking, gebruik, wat bewys dat verf nie tot mure beperk hoef te word nie. Nadat elke deur met ’n ander skakering uit die Considered Luxury-palet geverf is en nuwe handvatsels gekry het, spog die kaste nou met ’n subtiele dog gesofistikeerde voorkoms.

Dulux-adv-bedroom-after-web

Dulux Steel Symphony 2, ’n veelsydige blou wat deur ’n internasionale span ontwerp-kenners as gunstelingkleur aangewys is, was verdere inspirasie vir die nuwe voorkoms. Saam met die kleure uit die Considered Luxury-palet is dié slaapkamer nou ’n salige toevlug.

Met die kaste klaar geverf is grofgebreide dekens en strooikussings in sagte pastelkleure ingebring om die rustige palet te komplementeer. ’n Eenvoudige wit hanglamp met hout-detail verskaf onderbeklemtoonde trefkrag, terwyl ’n vilt-ottoman sagte sitplek bied.

Dié eenvoud verryk die stylvolle ervaring.

Kort jy nog inspirasie? Dié kleurskema put inspirasie uit die Dulux Colour Futurestrend Considered Luxury; kry die nuutste Colour Futures-brosjure in winkels landwyd.

Dulux-adv-bedroom-shoes-web-instagram

Minder is meer... Skep ’n ruimte waar jy kan rus, nadink en dankbaar wees vir ervarings pleks van besittings. Omring met die sagte kleure van die Dulux Considered Luxury-palet kan jy jou skoene uitskop en die eenvoudige plesiere rondom jou geniet.

Het jy geweet? As jy onseker is oor hoe die kleure uit die Dulux-reeks in jou eie ruimte gaan werk, kan jy die Dulux Visualizer App by enigeen van die app-winkels aflaai en die beplande kleurkombinasies toets voor jy gaan verf koop.

Deur Carissa Govender • Foto’s Inge Prins • Stilering Shelly Bergh • Kleurverwysings is so akkuraat as wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na die streep-/standaard-kleurkaarte of kleuruitstallings op winkelrakke vir ’n akkurate voorstelling van die kleur. VERSKAFFERS @home 0860 66 66 74, home.co.za Handles Inc. 021 422 2322, handlesinc.co.za MRP Home 0800 21 25 35, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za