Foto’s Francois Oberholster • Stilering Shelly Bergh

Dié sitkamer – eers ’n saai sandgrys met ’n koue blou fokusmuur – het ’n algehele gedaantewisseling ondergaan met Pictured Rocks, Dulux se Kleur van die Jaar vir 2018.

Pictured Rocks, ’n volwasse pienk, is op die boonste deel van die tweekleurige fokusmuur gebruik waar dit die perfekte agtergrond vir die kunswerke vorm, terwyl Silver Shore, ’n klassieke liggrys, op die onderste deel teen die eetkamermuur aangewend is. Die muur agter die kaggel is geverf met Hot Paprika 1, ’n aardse skakering. Pictured Rocks is ook op die deur herhaal.

Die vloerlyste is in ’n kits verfris met Dulux PearlGlo™ Waterbased in die kleur White. Vleuelrugstoel van POCO; kanttafeltjie van Blockhouse; mandjie en kussing van MRP Home; deken en mat van H&M Home

Voltooi so ’n prentjie met verskillende teksture – in dié geval ’n hout-eetkamertafel, mandjies, koperbykomstighede en ’n houtskoolgrys vleuelrugstoel, maar ’n bank of gemakstoel oorgetrek in leer sal ook werk.

Met 15 jaar van Colour Futures™-navorsing het Dulux se kenners oor die wêreld heen Pictured Rocks gekies: Gebruik dit as jou basiskleur en kombineer dit met verskeie komplementêre kleure om jou ruimte na jou smaak in te rig!

Het jy geweet?

Pictured Rocks staan ook bekend as Nordic Sails 2 (10YR 28/072)

So maak jy

Om jou kleurdrome te bewaarheid is so maklik soos 1, 2, 3:

1. Laai die Dulux Visualizer-app af in die Apple App- of Google Play-winkel. Met dié oulike app kan jy “sien” hoe jou vertrek gaan lyk in die kleure wat jy gekies het. Wys dit aan jou vriende en familie om hul menings te kry.

2. Dulux het ’n groot reeks afwerkings vir elke oppervlak. Vir ongeëwenaarde kleurdiepte, maak ’n stylstelling met die Luxurious Silk-reeks. Met ’n semiglansafwerking, uitmuntende duursaamheid en wasbaarheid, en sonder skerp reuke, sal Luxurious Silk jou gekose kleur op sy mooiste vertoon.

3. Hier dra ’n gewone tweekleur-muur by tot ’n rustige gevoel, maar oorweeg gerus iets helderder. By dulux.co.za sal jy gebruikersvriendelike wenke en kennersraad kry oor hoe jy kleure kan kombineer, asook stap-vir-stap-ondersteuning met verf-effekte.

Oorweeg jy iets anders?

Van links: Koperskinkbord en plant van Woolworths; mandjie van H&M Home; keramiekbak, vaas en plant in koperpot van @home; kershouer van MRP Home; Mandjie se onderste helfte geverf met Madeira Rose Mandjie van MRP Home; pompon-deken van @home; Rame geverf met Madeira Rose (links en middel) en Santa Rosa (regs) Plant van Woolworths

Kort jy nog inspirasie?

Kyk uit vir die Kleur van die Jaar-brosjure in winkels landwyd en sien watter kleurkombinasies by elke luim en styl sal pas.

VERSKAFFERS