Foto’s Francois Oberholster

INKOPIELYS

• maskeerband (48 mm breed)

• karton (net so breed soos die maskeerband gesny vir gebruik as spasieerder)

• Dulux Easycare in Brave Ground™

GEREEDSKAP

• potlood

• verfkwas

• verfroller en -bak

• leer

PROJEKGIDS

Harde werk 2/10

Vaardigheidsvlak 2/10

Tyd nodig 1 dag

1 Die area waar ons ons patroon wil aanbring is eers wit geverf met Dulux Easycare in White Buck. Wanneer die basislaag heeltemal droog is, baken eers die hele deel wat jy wil versier af met maskeerband. Plak daarna die buitelyne vir die groter vorms met maskeerband.

2 Wanneer jy tevrede is met die vorms, kan jy die strepe met maskeerband begin plak. Gebruik jou spasieerder en merk telkens waar jy die volgende strook moet plak. Vul al die groot vorms só met parallelle strepe teen verskillende hoeke.

3 Gebruik eers ’n kwas en verf die rande met Brave Ground™.

4 Verf dan die res met ’n roller. Laat dit droog word en verf nog ’n laag.

5 Wag tot die tweede laag verf droog is voordat jy al die maskeerband versigtig aftrek.

Het jy geweet?

Dulux se Kleur van die Jaar 2021 is Brave Ground™. Dulux, wat in die Ask Afrika TGI Icon Brands™-toekennings aangewys is as die "mees geliefde verfhandelsmerk in Suid-Afrika", sê hierdie warm, natuurlike skakering bied ’n sterk basis om verandering mee te verwelkom. Dit verbind ons met die natuur, met dit wat eenvoudig is. Op sy eie is dit ’n lieflike neutrale keuse, maar dit kan ook gebruik word om ander kleure in die kollig te plaas. Brave Ground™ is aards en bemagtigend, bring sekuriteit, groei en die potensiaal van ruimtes wat ons met moed vervul.