Projek #1

Stadsilhoeët-kopstuk

So maak jy ...

1. Teken liggies met ’n potlood die silhoeët van jou gunsteling-stad teen die muur bo die bed.

2. Plak gewone maskeerband of blou verwersmaskeerband al om die buitelyne van die silhoeët en aan weerskante tot op die vloer.

PALET: 

Dulux Great Grey

Dulux Silver Quill

Wenk
As jy sukkel om die silhoeët te teken, kan jy die ontwerp met ’n swart merkpen op ’n A4-vel asetaat trek, dit met ’n truprojektor teen die muur projekteer en dan aftrek.

Projek #2

’n Sierlike fotoraam

So maak jy ...

1. Besluit vooraf watter swart-en-wit prente of foto’s met sentimentele waarde jy wil “raam” – laat lei jou deur dié prente om die grootte en fatsoen van die raam te bepaal.

2. Soek dan prente van mooi rame, hetsy in boeke of op die internet, en teken dit met ’n potlood op die muur na. Dit hoef nie perfek te wees nie – tuisgemaak is mos beter!

3. Gebruik ’n dun kwassie en PVA-verf in die kleur van jou keuse en verf die rame teen die muur. Plak dan die prente in die rame.

Projek #3

’n Onderrokkie vir ’n sweefrak

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • sweefrak met skroewe (kyk by jou naaste ysterwarewinkel)
  • A4-vel asetaat
  • dun permanente merkpen
  • verf in die kleur van jou keuse

GEREEDSKAP

  • truprojektor
  • kunstenaarskwaste
  • drupvel
  • waterpas
  • maskeerband
  • sagte potlood

PALET

Dulux Night Jewels 3

So maak jy...

1. Vergroot die ontwerp hierbo om op ’n A4-vel te pas en fotostateer dit. Plak die vel asetaat met maskeerband op die fotostaat vas en trek die ontwerp af met jou merkpen. Projekteer dit teen die muur en verstel die beeld totdat dit die verlangde grootte is, met ander woorde tot die “tafelblad” so lank soos jou sweefrak is. Maak seker dis waterpas. 

2. Teken die ontwerp met jou potlood op die muur oor. Skakel die truprojektor af en maak seker dat die hele ontwerp oorgeteken is. 

3. Nou kan jy begin verf. Sit die drupvel op die vloer en verf eers al die buitelyne met ’n dun kwassie. Hou ’n klam lappie byderhand ingeval jy oor die lyne verf en dit wil afvee. 

4. Verf nog twee lae oor die eerste laag om seker te maak die kleur is mooi solied. Laat die verf goed droog word.

5. Boor die gate vir die rakkie en skroef dit op sy plek vas.

WENK Omdat ons muur so donker is, het ons ons eerste laag met wit PVA geverf.

Wenke

• Plak maskeerband op die lyn waar jy die sweefrak wil hang; die band sal ook help dat jy in ’n reguit lyn verf.

• Soek in die Geelbladsye en op die internet na plekke wat truprojektors verhuur. Jy kan ook by jou plaaslike biblioteek of skool hoor of hulle jou kan help.

• Omdat ons muur so donker is, het ons ons eerste laag met wit PVA geverf.