Foto’s Francois Oberholster

Projekgids
  • Harde werk 1/10
  • Vaardigheidsvlak 2/10
  • Tyd nodig 1 dag
  • Doen dit self vir R322 (verf R105, koperhake R200, inkapskroewe en proppe R17)

Wat jy nodig het

GEREEDSKAP

  • maskeerband
  • skêr
  • deurslagpapier
  • balpuntpen
  • kwas
  • maatband
  • figuursaag
  • bankskroef
  • boor met 3 mm-houtboorpunt en 5 mm-klipboorpunt
  • skroewedraaier
  • hamer

INKOPIELYS

  • 250 ml Tjhoko-verf in die kleur Jane’s Jade
  • patroon (laai dit af by tuis.co.za)
  • vyf 22 mm-koper-elmboogpype (90°)
  • vyf 22 mm-koper-sluitproppe
  • 22 mm-tappen
  • gom
  • vyf 5 mm x 45 mm-inkapskroewe en muurproppe

So maak jy

1. LAAI DIE PATROON AF en druk dit teen 100%-grootte uit. Dis verdeel in A4-blaaie; las dit met die maskeerband en knip die boomvorm rofweg uit.

2. Plak die patroon teen die muur vas met die maskeerband. Skuif die deurslagpapier tussen die muur en die papier in en trek die boom teen die muur af. Skuif die deurslagpapier soos nodig namate jy vorder.

3. Verf die boom versigtig met drie lae verf. Laat dit tussen lae droog word.

4. Meet en merk vyf 17 mm- en vyf 30 mm-lengtes op die tappen.

5. Draai die tappen in die bankskroef vas en gebruik die figuursaag om dit deur te saag op die merke wat jy in stap 4 gemaak het.

6. Boor ’n gat deur die middel van elk van die 17 mm-tappenstukkies en steek die inkapskroef deur die gat.

7. Maak die hake deur ’n sluitprop aan elke elmboogpyp te heg met behulp van die 30 mm-tappenstukke. Lym die tappen aan weerskante en druk die elmboogpyp oor een ent en die sluitprop oor die ander.

8. Gebruik die 5 mm-klipboorpunt en boor gate op die “boom” waar jy die hake wil hê. Druk die muurproppe vir die skroewe in die gate en kap die skroewe deur die tappenne in die muur.

9. Wend gom aan die tappenne en glip die koperhake wat jy in stap 7 gemaak het, daaroor.

VERSKAFFER