Ons leefruimtes is die hart van ons huis – dis waar ons bymekaarkom om maaltye te deel of net gehaltetyd saam met geliefdes deur te bring.

Hoekom nie jou eetarea ’n tikkie welverdiende liefde en aandag gee met Dulux se Kleur van die Jaar, Creme Brulee, en skakerings uit die Colour FuturesTM Considered Luxury­palet nie?

Hier het ons ’n ruimte ingerig wat ’n moderne atmosfeer en treffende, verfynde ontwerpe oproep. Ons het ’n muur geverf met Dulux Luxurious Silk in die kleur Creme Brulee – ’n stimulerende skakering wat bekend is vir sy opbeurende uitwerking – aan die onderkant, en Dulux Luxurious Silk in die kleur Brilliant White aan die bokant. Vir definisie het ons ’n 10 cm breë strook tussenin geverf in die Dulux­kleur Global Waters.

Die blou streepmat anker die ruimte. Vir ’n bietjie drama het ons die laaikas en eetkamerstoele in Pebble Black geverf. Die tafelpote het ’n laag Javan Dawn 6 gekry en die blad ’n laag White, albei in ’n pragtige Pearlglo­afwerking.

Eenvoudig, modern en luuks.

Oorweeg dié kleurkombinasies vir iets anders:

EKSPERIMENTEER MET KLEURE VOOR JY VERF

Danksy Dulux se nuwe Wet Roller Testers kan jy ’n toetsblok in ’n japtrap teen jou muur verf. Die toetsrollers kom in 24 gewilde skakerings, en pas netjies in die palm van jou hand.Of laai die Dulux Visualizer-app in enige van die app-winkels af en kyk op jou foon of tablet hoe 2019 se kleur-trends in jou huis sal lyk.

Het jy geweet?

Dulux Luxurious Silk is ’n binnenshuise muurverf van uitmuntende gehalte met ’n semiglansafwerking, uitstekende vlekbestandheid en geen skerp reuke nie – die ideale keuse vir huise wat indruk maak. Dié verf is geskik vir slaapkamers, woonvertrekke en gange; dit het ’n lang leeftyd en is beskikbaar in ’n verskeidenheid getinte kleure uit die Dulux Colour System.

Kort jy nog inspirasie?

Kyk uit vir die Kleur van die Jaar-brosjure en volledige 2019 Trend Collection in winkels landwyd, en sien watterkleurkombinasies by elke luim en styl sal pas.