Foto’s Francois Oberholster • Stilering Shelly Bergh

Die Arendse-gesin het onlangs hul knap dupleks verruil vir hierdie ruim woning, en hulle was baie opgewonde oor al die ekstra ruimte wat hulle nou het. Maar daar het nog baie werk voorgelê voor hulle regtig die huis hul eie kon noem...

Die gebou het nie groot opknapwerk gekort nie, maar ’n goeie verjongingskuur sou welkom wees. Binne was dit so reg uit die 60’s en al die mure was dieselfde saai skakering van beige. Om mee te begin het die gesin besluit om ’n skoon, wit skilderdoek te skep.

Daarna het hulle weggespring met hul eerste projek, die studeerkamer, met die doel om dit die kreatiewe spilpunt van hul huis te maak en in te rig vir lees, huiswerk en kunsvlyt. Hulle het besluit op neutrale kleure vir die mure, met een buitengewone element wat hul kreatiwiteit sou aanwakker – ’n fokusmuur met ’n kontemporêre driehoekmotief.

Om hul liefde vir Afrika te weerspieël het die Arendses die Soulful Kenya-palet uit die Colours of the World™-reeks gekies – ’n aardse kleurkombinasie geïnspireer deur Moeder Natuur.

Eers is die fokusmuur geverf met die kleur Daring Kenya, en toe is die stensilwerk gedoen met Gentle Kenya. Te mooi! Maak ’n stelling met Dulux Colours of the World™!

’n Lieflike verrassing! Toe die Arendses die ou matte optel, ontdek hulle die mooiste blokkiesvloer daaronder; dis geskuur en verseël met vier lae Dulux Woodgard Floorgard.

Stoel van Chair Crazy; vis-kunswerk, draadrak, horlosie, panda-penhouer, bêreboks en mat van MRP Home; lamp en plant van Woolworths; notaboeke, penne en handsak van Typo

Stensil driehoeke teen ’n muur

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • A3-vel Priplak
  • nie-permanente spuitgom
  • Dulux Luxurious Silk in die kleur Gentle Kenya uit die Colours of the

GEREEDSKAP

  • staalliniaal
  • handwerkmes
  • snymat
  • sponsroller en verfbak

1. Maak jou eie driehoek-stensil met die staalliniaal, handwerkmes en die vel Priplak.

2. Spuit een kant van die stensil met die spuitgom.

3. Begin aan die bopunt van die muur en posisioneer die stensil met een rand in die hoek en een teen die kroonlys. Wend Gentle Kenya-verf oor die stensil aan met die sponsroller. Skuif dan die stensil af tot die borand gelyk is met die onderpunt van die vorige driehoek, en verf weer. Herhaal die proses tot jy die onderpunt van die muur bereik. Spuit die stensil met die aanspuitgom wanneer nodig. Herhaal die patroon tot die hele muur bedek is.

Kort jy nog inspirasie?

Loer na al die stap-vir-stap-projekte vir selfdoeners by dulux.co.za.

Rustige skakerings van groen en blou in die bykomstighede kontrasteer mooi met die aardse kleure. ’n Tweedehandse metaalsluitkas is afgeskuur, voorberei met Dulux Supergrip All Surface Primer en geverf met twee lae Hammerite Direct to Rust Smooth White. Prentjiemooi!

Kleurverwysings is so akkuraat as wat die drukproses toelaat. Verwys asseblief na kleurkaarte in die winkel vir ’n akkurate voorstelling van die kleur.

VERSKAFFERS
  • Chair Crazy 021 465 9991, chaircrazy.co.za
  • MRP Home 0800 212 535, mrphome.com
  • Typo 021 914 5486, shop.cottonon.com/typoshop
  • Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za