Foto's: Francois Oberholster | Stilering: Shelly Bergh
Dulux se Kleur van die Jaar vir 2019, Creme Brulee, vang die optimisme en vertroue van ’n diep oker vas: ’n kleur wat stimuleer en bekend is vir sy opbeurende uitwerking.
Goeie kleure geniet goeie geselskap – en om die heuningkleur van Creme Brulee te kombineer met ’n pragtige komplementêre palet sal die inherente energie en warmte van dié veelsydige neutrale skakering help beklemtoon. Met vier palette vir binne en vier vir buite wat die verfspesialiste by Dulux spesiaal vir jou geformuleer het, was dit nog nooit so maklik om jou gunstelingruimte te versier nie!
Op dié stoep, wat reeds getooi is met trendy Marokkaanse teëls, gee ekstra tikkies kleur nuwe lewe aan die andersins wit palet van die ruimte. Dit heet jou welkom en skep ’n gesellige omgewing waar jy kan agteroorsit en die lewe in oënskou kan neem...
Oorweeg dié palette vir buite
EKSPERIMENTEER MET KLEURE VOOR JY VERF
Danksy Dulux se nuwe Wet Roller Testers kan jy ’n toetsblok in ’n japtrap teen jou muur verf. Die toetsrollers kom in 24 gewilde skakerings, en pas netjies in die palm van jou hand.Of laai die Dulux Visualizer-app in enige van die app-winkels af en kyk op jou foon of tablet hoe 2019 se kleur-trends in jou huis sal lyk.
Kyk uit vir die Kleur van die Jaar-brosjure en volledige 2019 Trend Collection in winkels landwyd en sien watterkleurkombinasies by elke luim en styl sal pas.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET