WAT JY NODIG HET

INKOPIELYS

GEREEDSKAP

  • muurroller (vir gladde mure)
  • verfpan
  • kwaste
  • papier
  • potlood
  • maskeerband
  • leer

Projeknotas
  • Kies sagte, neutrale kleure indien ’n boetie en sussie ’n kamer deel.
  • Wag tot elke oppervlak goed droog is (30–60 minute) voordat jy die maskeerband vir die volgende stap plak.
  • Trek die maskeerband dadelik (baie versigtig) af sodra ’n stap klaar geverf is.

So maak jy...

1. Werk die posisie van die berge min of meer uit op papier.

2. Indien die bestaande muurkleur nie geskik is as basis nie, verf eers die hele muur (ons het Dulux Bleached Lichen 2 gekies; dis ’n mooi warm kleur wat nie geel sal lyk nie). 

3. Gebruik jou potloodskets as riglyn en plak die buitelyne vir die eerste berge met maskeerband. Probeer om die lyne so reguit moontlik te hou.

4. Kies die eerste kleur (ons het Dulux Dusted Moss 1 gebruik) en verf die berge. Trek versigtig die maskeerband af en gee die verf minstens 30 minute kans om droog te word; herhaal met die tweede kleur (hier Dusted Moss 2).

5. Wag minstens 30–60 minute sodat die verf goed droog kan word en plak dan die lyne vir die sneeubedekte pieke met maskeerband.

6. Verf die sneeu in wit en trek die maskeerband af.