Assistent Ciskia Hanekom | Foto’s Ed O’Riley

So maak jy...

1. Dié polistireen-plafonteëls is te koop by ysterwarewinkels en lyk nes die ware jakob. Om dit te “verouder”, verf dit met donker­grys waterbasisverf en laat dit droog word.

2. Gebruik verf in aan­geslaande of roesmetaalkleure en verf dit op die aksentdele van die teëls. Laat dit heeltemal droog word.

3. Neem ’n stukkie kers en vryf kerswas oor die verhewe dele van die teëls. Werk versigtig sodat jy nie die polisti­reen beskadig nie, maar maak seker jy vryf genoeg was aan.

4. Verf nou ’n laag wit verf oor die tee¨ls – verf ook tussen die gleu es van die verhewe dele en wag tot dit net-net droog is. 

5. Vryf nou met ’n stukkie staalwol oor die dele waar jy die kerswas aangevryf het sodat die verf op dié plekke afkom. Moenie te hard druk nie; jy wil nie die polistireen beskadig nie. Plak die teëls teen die plafon of gebruik dit soos op die foto bo om ’n muur te versier.