Foto’s Francois Oberholster • Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS
  • Harde werk 4/10
  • Vaardigheidsvlak 3/10
  • Tyd nodig 1 tot 2 uur (droogtyd uitgesluit)
  • Maak dit vir onder R850: Hout R460; sand, sement en stene R380 (verf en vernis uitgesluit)

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 60 bakstene
  • een sak sement
  • twee sakke sand
  • ’n 600 x 600 mm-plaveisteen, middeldeur gesny (fondasie)
  • twee stewige planke (1 500 x 220 x 50 mm)

GEREEDSKAP

  • maatband
  • merkpen
  • graaf
  • waterpas
  • kruiwa
  • boutroffel
  • rubberhamer
  • spons
Projeknotas
  • Ons bankie is ± 1 700 x 660 mm groot; pas jou mate en materiaalhoeveelhede aan indien joune groter of kleiner is.
  • Beplan vooraf waar jou bankie moet staan.
  • Maak seker dat die oppervlak gelyk is alvorens jy begin bou.
  • Toets jou bouwerk deurgaans om seker te maak dis waterpas.

So maak jy

1. Sit die plank neer waar die bankie moet staan. Pak die stene soos op die foto en merk die buitelyne op die grond.

2. Maak die grond gelyk waar die plaveisteen aan elke kant moet kom as fondasie. Plaas weer die plank in posisie bo-op die plaveistene en merk waar die bakstene op die plaveisteen geplaas gaan word.

3. Maak ’n daghamengsel aan deur die sement, sand en water deeglik volgens die aanwysings op die sementsak te meng.

4. Skep die sement met die boutroffel op die plaveisel en pak die stene bo-op die sement. Gebruik die rubberhamer en tik die stene waar nodig tot almal waterpas en loodreg lê. Bou die tweede laag in verband (sien skets) met die eerste laag.

Herhaal aan die ander ent van die bankie en maak seker dat die twee strukture waterpas is met mekaar (sien wenk). Gaan so voort totdat jy vier lae van ses stene elk by elke ent het.

Wenk
Gebruik jou waterpas en ’n plank oor albei strukture om seker te maak hulle is ewe hoog.
Wissel die stene in opeenvolgende lae af sodat die voeë nie regoor mekaar lê nie. Dit verseker ’n sterker struktuur.

5. Bou nou die vyfde en finale laag stene, maar laat die binneste twee stene uit om die opening te vorm waarin die sitplek-planke moet pas.

6. Gebruik ’n nat spons en bryvul die gapings tussen die stene met dagha. Spoel die spons gereeld uit en was dan die oortollige sement weer af om ’n relatief gladde oppervlak te verkry. Gee die sement twee dae kans om te verhard en verf of werk dit dan af soos verkies.

Kussings, kombers en mandjie van MRP Home; Materiaal verskaf deur BUCO

KONTAK EN VERSKAFFERS
  • BUCO 021 927 5000, buco.co.za
  • Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za
  • MRP Home 0800 212 535, mrphome.com