Dié balletjies is net die ding vir iemand wat graag lafenis in die bad soek. Draai dit om in mooi papier vir ’n oulike geskenk.

Deur Shelly Bergh

Video: Francois Obelholster

Wat jy nodig het:

  • 2 koppies koeksoda
  • 1 kopppie sitroensuur
  • 1 koppie mielieblom
  • 1 koppie Epsomsout
  • 1,5 teelepels water (extra water in ’n spritzer bottel)
  • 2 teelepels noodsaaklike olie
  • 2 teelepels klapperolie
  • ’n paar druppels koskleursel
  • mengbak
  • handklitser
  • koppie
  • ronde vorm

  So maak jy: https://youtu.be/AICKVLGmH_I Stap 1: Meng al die droë bestanddele in die mengbak.

Stap 2: Meng al die nat bestanddele in die koppie

Stap 3: Meng nou die nat bestanddele by die droë bestanddele. Die mengsel moet effens krummelrig wees. Indien dit te droog is, klam aan met die spuitbottel.

Stap 4: Pak albei dele van die vorm vol met die mengsel, sit ’n bietjie ekstra in albei en druk die vorm styf toe. Haal die bal versigtig uit en laat 24 uur staan om droog en hard te word.