Het jy ou broeke wat rondlê? Sny die pype af en maak dié oulike sakkies.

Deur Shelly Bergh

Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

• ’n ou denimbroek

• skêr

• naaimasjien

So maak jy...

https://youtu.be/XdiijFJt-fE

Stap 1: Sny die onderkant van die broekspype sowat 200mm van onder af.

Stap 2: Dop die broekspyp om sodat die binnekant buite is. Stik die afgesnyde rand toe.

Stap 3: Vou die hoekies plat en maak ’n stiksel haaks sowat 30mm van die hoeke af.

Stap 4: Dop die sakkie om, vou die boonste rand om – en siedaar!