Dollie jou voordeur op vir die feestyd met ’n mooi krans, praktiese mat en blink sterre.
In ons splinternuwe Desember-uitgawe, wys Shelly Bergh jou hoe om ’n verwelkomende prentjie vir gaste te skep deur jou voordeur op te dollie. Laai hieronder al die stensils af wat jy sal nodig hê om dié selfdoen-projekte te maak. Die volledige aanwysings is te kry op bl. 74-76 in die Desember-uitgawe van Tuis.