Wat jy nodig het

  • 250 ml Tjhoko Paint in elk van die volgende kleure: Stéffan, Nade, Fine Lining, Vinia Stone
  • 50 mm-verfkwas
  • ou lap en kaasdoek
  • Tjhoko Waterslide Transfer
  • 80-grint-skuurpapier
  • 250 ml Clear Glaze

Só maak jy...

Verwyder die handvatsels en vee die kas goed skoon met ’n lap wat in lakverdunner gedoop is; wag 20–30 minute tot droog. Plak maskeerband op dele wat jy nie gaan verf nie.

2 Verf die eerste kleur (Stéffan in ons geval). Wag tot droog (20 tot 30 minute; langer in die winter en aan die kus). Wend dan ’n tweede kleur aan (Nade op die laaie en kasdeure, en Fine Lining vir die res).

3 Wag tot droog en gebruik dan ’n afwittegniek met die derde kleur (Vinia Stone): Maak ’n stuk kaasdoek nat met water, droog die oortollige water uit en vou die lap in ’n bal in die palm van jou hand. Wend die derde kleur op klein areas aan met die kwas en vee die verf met die klam lap oor die geverfde oppervlak. Dit verander die kleur baie subtiel en gee ’n afgewitte voorkoms.

4 Wag tot droog en skuur al die geverfde oppervlakke. Stof mooi af.

Sny die Waterslide Transfer so na moontlik aan die ontwerp uit en merk sy posisie op die deur. Plaas die patroon in koue water.

Voel tussen jou wysvinger en duim wanneer die voorste en agterste laag van mekaar begin loskom en haal die patroon uit die water. Hou dit in posisie op die oppervlak waar jy dit wil aanwend en skuif versigtig die agterste soliede laag uit sodat net die voorste deursigtige laag op jou oppervlak agterbly. Vryf enige lug of water versigtig uit – gebruik jou vingers, ’n sponsie of stukkie kaasdoek. Laat goed droog word (± 1 uur).

6 Seël die patroon deur 50 ml Clear Glaze met 15 ml water te meng en versigtig met ’n klam lap oor die ontwerp te vryf.

Projeknotas
  • Clear Glaze kan voor en ná aanwending van die Waterslide Transfer gebruik word. Ons het dit net agterna gebruik omdie patroon te seël.
  • Gebruik altyd ’n skoon verfkwas van goeie gehalte. Die grootte van jou kwas sal afhang van die oppervlakte.