Saag 22 mm-dennehout (of ander afvalhout) in:

  • 8 lengtes van 30 x 350 mm
  • 4 lengtes van 30 x 450 mm

So maak jy:

legkaart-houtbord

1. Gebruik Alcolin Ultra Wood Glue en lym vier van die 350 mm-planke aan mekaar vas. Herhaal met die ander vier.

2. Lym nou die vier 450 mm-planke aan mekaar vas. Plaas die langer planke tussen die twee stelle korter planke, lym en klamp vas met ’n staafklamp. Laat goed droog word en skuur glad.

3. Teken die patroon van ’n legkaartblokkie met die uitsteeksel op die langer planke en die inkeping aan die teenoorgestelde kant, en saag dit met ’n figuursaag uit. Skuur die rande mooi glad en seël die hout met olyfolie.