Foto's Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 4/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Maak dit vir R1 330: Hout R900, skroewe R20, skarniere en handvatsels R100, hake R110, verf R200

Geblokte lapprente van Plan B Vintage

Projeknotas
  • Onthou om gidsgaatjies te boor.
  • Skuur jou planke vooraf.
  • Vra jou houthandelaar om die holtes vir die deurskarniere uit te saag.

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 18 mm- gelamineerde dennehout, soos volg gesaag:

twee 600 x 455 mm (armleunings)

twee 720 x 455 mm (bo- en onderkant)

een 720 x 400 mm (rugkant)

twee 400 x 430 mm (sye)

twee 720 x 50 mm (voetstukke)

twee 400 x 70 mm (kosyne)

een 684 x 20 mm (deurstopper)

twee 470 x 44 mm (afronding vir armleuning)

twee 390 x 337 mm (deurtjies)

• soliede deur van standaardgrootte (813 x 2 032 mm)

• een pakkie 6 mm x 40 mmspaanderbordskroewe

• een pakkie 8 mm x 30 mmspaanderbordskroewe

• een pakkie 6 mm x 16 mmspaanderbordskroewe

• vier kabinetskarniere

• twee handvatsels

• drie hake

• houtlym (Alcolin Fast Set Wood Glue)

• houtvuller

• 150-grint-skuurpapier

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• potlood

• maatband

• winkelhaak

Só maak jy...

1 Lym en skroef die twee 400 x 430 mm-sye haaks teen die ente van die 720 x 400 mm-rugkant vas. Lym en skroef ook een van die 720 x 455 mm-panele bo-op hierdie raam vas om die bokant van die bankie te vorm.

2 Skroef die twee 720 x 50 mm-voetstukke aan die ander 720 x 455 mm-paneel vas – dit vorm die bodem van die bankie. Draai nou die struktuur wat jy in stap 1 gemaak het om en skroef die bodem op sy plek vas.

3 Plaas die kassie met ’n sykant op een van die 600 x 455 mm-armleunings (onderkante gelyk) en skroef vas. Herhaal met die ander armleuning. Skroef die twee 400 x 70 mm-kosyne links en regs aan die binnekant van die sye vas, 25 mm van die voorste rand af; skroef ook die 684 x 20 mm-deurstopper onder die bokant van die bankie vas. Rond die armleunings af met die twee 470 x 44 mm-planke bo-op.

4 Skroef die skarniere aan die twee deurtjies vas en skroef dan die deurtjies aan die bankie vas (gebruik die 6 mm x 16 mm-skroewe). Merk ook waar die handvatsels moet kom en skroef dit vas.

5 Skuif die bankie tot teenaan die deur (ewe ver van albei deurrande af) en skroef dit daaraan vas met die 6 mm x 40 mm-skroewe. Meet en merk waar jy die hake wil hê en skroef dit vas. Vul alle sigbare skroefgate deeglik met houtvuller en laat dit goed droog word. Skuur die kas en verf dit in die kleur van jou keuse met ’n duursame verf. Ons het Plascon Velvaglo gebruik (Plascon Fuzzy Peach).

Hout verskaf deur Timbercity
KONTAK EN VERSKAFFERS

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Plan B Vintage 021 801 9642

Timbercity 021 927 5000