’n Motorhuis is nie net daar om jou motors veilig te hou en losgoed te bêre nie; dit moet, nes enige ander vertrek in jou huis, beskou word as ’n funksionele ruimte waar elke vierkante meter tel.

  • Begin deur gereedskap, tuingoed en sport- toerusting wat oral op die vloer rondstaan, teen die mure te bêre.
  • Verdeel jou bêreplek in sones. Groepeer tuingereedskap, sporttoerusting, en doen- dit-self-gereedskap en -items saam, en stel dan ’n bêrestelsel vir elkeen in werking. Gebruik eenvoudige hakies vir lere en ander tuingereedskap; rakke vir sport- en kamptoerusting, en kaste en houers vir instandhoudingsitems (verfblikke, gereedskap) en ander losgoed wat onooglik kan wees.
  • Kry ’n werkbank – dit sal op lang termyn elke sent werd wees. Ysterwarewinkels hou dit aan in groottes van 1200mm tot 2400mm – kies een wat aan jou behoeftes voldoen.

Skep-orde-in-jou-motorhuis

’n Dubbelmotorhuis aan die kant!

1. Epoksi- of geverfde sementvloere is makliker om skoon te hou omdat dit nie olie absorbeer nie.

2. Hang lere naby die ingang, reg vir raakvat.

3. Hou tuingereedskap bymekaar met die meeste teen die muur, pleks van op die vloer.

4. Bêre chemikalieë veilig buite bereik – agter slot en grendel indien moontlik.

5. Ou kombuiseenhede werk goed as bêrekaste in die motorhuis.

6. ’n Werkbank is altyd nuttig.

7. Belê in ’n gereedskaptrollie vir take in en om die huis.

8. Skep vir jou ’n houtwerkhoekie.

9. Rig ’n verskuifbare rak vir planke en borde daar nabyin.

10. Hou sport-, reis- en kampeer- toerusting bymekaar.

11. Hang fietse teen die muur sodat dit nie teen ’n voertuig kan omval nie.

12. Verdeel jou motorhuis in duidelik onderskeibare bêresones.