Met dié oulike hangplek sal jy nooit wonder waar jy jou handsak gelos het nie! Verf dit krale in jou gunstelingkleur en monteer die hake waar jy dit wil hê.

Deur Shelly Bergh

Video: Francois Obelholster

Wat jy nodig het

• monteerhakies

• groot hout krale

• houtvuller

• skuurpapier

• spuitverf in die kleure van jou keuse

• boor met 6 mm- en 10 mm-metaalboorpunt

• kort, vet skroewe (6 x 20 mm)

So maak jy...

https://youtu.be/8CEC9Jknap8

Stap 1: Vul die gatjies aan een kant van die houtkrale met die houtvuller, laat dit droog word, en skuur glad.

Stap 2: Spuitverf die krale in verskillende kleure.

Stap 3: Maak elke laaste gatjie aan van die monteerhaak groter met die boor en 6 mm-boorpunt. Boor dan ’n sinkgat met die 10 mm-boorpunt op dieselfde gaatjies, een aan die “binnekant” van die L en die ander aan die “buitekant”.

Stap 4: Skroef die krale aan die hake vas, een aan die “binnekant” van die L en een aan die “buitenkant”. Skroef die hake ewe vêr van mekaar aan ’n deur of muur vas.