Droëmure is relatief goedkoop en maklik om op te rig. Dis ideaal vir eenvoudige opknappingswerk omdat geen fondamen-te nodig is nie, en omdat dit dunner is as bakstene, verloor jy ook minder vloer-spasie. Droëmure kan byna dadelik met plakpapier bedek, geverf, gepleister of geteël word. Dit help ook om die huis in die winter warm te hou en verlaag dus jou verhittingskoste. Dié mure is net so klankdig soos baksteenmure – selfs meer.

dry-wall-002

Wat jy nodig het

dry-wall-001

So maak jy ...

dry-wall-004

1. Meet en merk die posisie op die vloer en mure waar die droëmuur of -mure moet kom. Sorg dat jy reghoekig werk met bestaande mure. Wenk: Kryt kan gebruik word om langer lyne te trek.

dry-wall-006

2. Meet en merk die lengtes vloerspore wat jy volgens jou plan sal nodig hê. Knip dié lengtes met die krom blikskêr af.

dry-wall-007

3. Gebruik ’n 5?mm-staalboorpunt om deur die spoor te boor, en daarna ’n 5?mm-betonboorpunt vir die vloer. Spasieer die gate ongeveer 400?mm van mekaar. Slaan 5?mm-Hilti-muurankers in die spore om dit in posisie vas te sit.

dry-wall-008

4. Sit die spoordeel of -dele aan die muur of mure en plafon vas soos hier. Gebruik ’n waterpas om seker te maak die muur-spore is haaks met die plafon en vloerspoor.

dry-wall-009

5. Bou die res van die raamwerk deur die hoeke met plofklinknaels te las. Boor eers 3?mm-gate en sit dan die klinknaels met die plofklinknaelgeweer in posisie vas. Belangrik: Maak seker die raamwerk is haaks – dis makliker om probleme reg te stel voordat die lasplekke met plofklinknaels geheg is.dry-wall-010

6. Draai slegs die vertikale tappenne op die spoor vas – die middelpunte moet 400?mm van mekaar af wees. Omdat ons projek net oor ’n deuropening gestrek het, het ons net een tappendeel in die middel van die deuropening nodig gehad. Net die hoeke hoef met plofklink-naels gelas te word (nie die tappendele tussenin nie) omdat die panele, nadat dit aan die raam-werk geheg is, sywaartse stewigheid aan die struktuur sal verleen.

dry-wall-011

dry-wall-15

7. Sny die dele 12,5?mm-Rhinobord wat nodig is met behulp van ’n staalliniaal en matmes: Sny liggies al met die gemerkte snylyn langs, draai die bord regop en “vou” dit – dit sal op die snylyn “kraak”.  Sny dan net aan die agterkant op die vou langs. Skroef die Rhinoboard met die droëmuur-tappenne aan die raamwerk vas. Maak seker die borde is ongeveer 12?mm bo die vloer. Voltooi die muur deur borde aan die ander kant van die raamwerk vas te sit. Skroef die droëmuurtappenne tot net onder die oppervlak in sodat dit later maklik opgevul kan word. Plak Rhinoband oor al die lasplekke. Vul al die lasplekke met Rhinoglide, wat tot ’n gladde pasta gemeng moet word (volg die aanwysings op die verpakking). Bedek die droëmuurtappenne in kruis-en-dwarsbewegings. Skuur al die lasplekke liggies (nadat dit droog is) en werk die muur af volgens jou keuse (teëls, verf of plakpapier).