Frikkie Greef, besturende direkteur by Woodoc, sê: Woodoc Water-Borne Floor is spesiaal geformuleer vir maksimum beskerming sonder die vergeling wat dikwels ’n resultaat is by oplosmiddel-gebaseerde vloerbedekkings. As ’n ekstra bonus is die vinnig droënde Woodoc Water-Borne Floor so te sê reukloos en kan die kwaste waarmee dit aangewend is, maklik met water skoongemaak word.

Dis noodsaaklik dat jy minstens drie dik lae onverdun aanwend en dat jy met die eerste lag oorgenoeg van die produk aanwend sodat dit die hout heeltemal deurdrenk. Sodoende dring die tweede en derde lae nie deur nie; dit vorm ’n beskermende bolaag.

Voorbereiding en aanwending 

Skuur die vloer so glad moontlik met ’n industriële vloerskuurder. Vee dan die vloer deeglik af met mineraalterpentyn om enige ou was en olie te verwyder wat deur die skuurproses ontbloot is.

Wag tot die vloer skoon en droog is en wend dan drie dik lae Woodoc Water-Borne Floor aan met ’n kwas van goeie gehalte. Wag tot die laag droog is voor jy die volgende een aanwend (die dekking is 3,3 m² per liter vir drie lae). Die produk moet onverdun direk uit die houer aangewend word.

LW Woodoc Water-Borne Floor droog vinnig; maak seker jy wend ’n egalige laag aan, los dit tot dit heeltemal droog is en maak seker daar is genoeg ventilasie.

Skuur die vloer liggies voor die eerste laag heeltemal droog is.

Onderhoud

Onthou – moet nooit die vloer met water was nie, veral nie water en seep nie! Dit sal die vloer laat verdof en water sal die planke binnedring, dit laat skeeftrek of “uitspring”. Jy kan net ’n sagte besem gebruik om die vloer skoon te hou, en hardnekkige vuil of taai kolle kan jy met ’n klam lap afvee.

Jy kan van tyd tot tyd ’n spaarsame laag vloeibare was soos Woodoc Penetrating Furniture Wax aanwend; jy kan ook af en toe die vloer poets.

Dis altyd ’n goeie idee om ’n blokkie vilt onder stoele en tafels se pote sit om te keer dat dit jou vloer krap. As daar wel krapmerke is, kan jy die area skuur met staalwol wat in Woodoc Penetrating Furniture Wax gedoop is. ’n Diep krapmerk of keep het ’n dieper skuur nodig; “lap” die area agterna met ’n laag of twee Woodoc Water-Borne Floor.