PROJEKGIDS

Harde werk 2/10

Vaardigheidsvlak 2/10

Tyd nodig Vakansieprojek

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • Lafarge DuraBuild-sement
  • bousand
  • water
  • glasklippies
  • krytverf in ’n verskeidenheid kleure (of enige oorskiet-PVA-verf)
  • kossproei (as losmaakmiddel)

GEREEDSKAP

  • emmer om in te meng
  • rubberhandskoene
  • silikoon-tertborde en reghoekige plastiekhouer
  • troffel
  • kwaste

Só maak jy ...

Spuit die borde met die kossproei en hou eenkant.

2 Meng die DuraBuild-sement: 1 deel sementpoeier tot 3 dele bousand. Voeg dan water by en meng tot die mengsel so dik soos koekiedeeg is.

3 Vul die vorms met die sementmengsel.

4 Skud liggies om ontslae te raak van enige lugborrels.

Stryk die oppervlak glad met die troffel.

6 Rangskik die glasklippies in ’n syfer op die sementmengsel se oppervlak. Sodra jy tevrede is met jou syfer, druk die klippies by die mengsel in – maar nie te diep nie. Laat die mengsel 24 uur staan om droog te word.

Wenk
Rangskik die syfers eers op ’n tafel, en pak dit dan oor op die nat mengsel.

7 Haal die trapklip uit die bord en laat staan nog 48 uur om droog te word voor jy verf. Herhaal stap 1–7 tot jy nommer een tot nege op ronde trapklippe het, en nommer 10 op ’n reghoekige een.

Neem ’n skoon, droë kwas en vee enige los sand van die trapklippe se oppervlak af.

9 Gebruik ’n kwas en die krytverf om verskillende kleure op die klippe se buiterand aan te bring.

  • Vir nog inligting, besoek lafarge.co.za.
  • DuraBuild-sement is beskikbaar in uitgesoekte provinsies.