Druk jou stempel op jou sonsambreel af met dié oulike idee.

Deur Shelly Bergh

Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het:

• sonsambreel

• potlood

• lapverf

• pon-pons (ons het ons s’n by MRP Home gekry)

• warmgompistool

So maak jy ...

https://youtu.be/DVElltixPWM

Stap 1: Gebruik die potlood en teken hasies op elke tweede paneel van die sambreel.

Stap 2: Verf die hasies met wit lapverf, wag tot dit droog is en vul dan die detail in met ander kleure.

Stap 3: Plak die pon-pons aan die rand van jou sambreel met die warmgompistool.

En siedaar ...