- Die klaar grootte is sowat 80cm in deursnee.
- Dit sal ± R360 vir 12 bolle hekeldraad teen R30 elk kos.
KLEURSKEMA
Begin en rondte 1– wit
Rondte 2 – groen
Rondte 3 – ligblou
Rondte 4 – ligpers
Rondte 5?6 – koraal
Rondte 7 – donkerpers
Rondte 8?9 – wit
Rondte 10?13 – donkerpers
Rondte 14 – koraal
INKOPIELYS
• T-hempdraad (1 x 100 g elk wit, groen, ligblou en ligpers; 2 x 100 g oranje/koraal;5 x 100 g donkerpers)
GEREEDSKAP
• nr. 10-hekelpen
st(e) steek/steke
ks-sp(ies) kettingsteek-spasie(ies)
kb kortbeen
ks kettingsteek
gs glipsteek
lb langbeen
gop garing om hekelpenpof-st pof-steek [gop, steek pen deur steek aangedui, gop en trek lus tot die lengte van ’n lb] 3 keer, steek pen deur dieselfde steek elke keer, gop en trek deur al 7 lussies op pen, ks om st klaar te maak.
So maak jy...
Die mandala word in die rondte gehekel met bogenoemde kleure (of kies jou eie kleurskema). Vir ’n netjiese afwerking, werk die punte van die draad dadelik weg sodra jy van kleur verwissel.
Begin: wit
Maak 7 ks en vorm ’n ring met gs.
Rondte 1: wit
2 ks (tel nie as st nie), 11 pof-st in die ring (onthou om elke pof-st te eindig met 1 ks). Heg met ’n gs aan die bokant van die eerste pof-st.
Rondte 2: groen
Heg draad tussen enige 2 pof-st. 3 ks (tel as 1 lb), 2 lb in dieselfde spasie, 3 lb in elke spasie tussen pof-st, eindig af met ’n gs in die derde ks van eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 3: ligblou
Heg draad tussen enige twee 3 lb-groepe. 3 ks (tel as 1 lb), 2 lb in dieselfde spasie, 2 ks, [3 lb in elke spasie tussen twee 3 lb-groepe, 2 ks] 10 keer, heg met ’n gs in 3de ks van eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 4: ligpers
Heg wol in enige 2-ks-sp, 3 ks (tel as 1 lb), 4 lb in dieselfde 2-ks-sp, 1 ks, [5 lb, 1 ks] in elke 2-ks-sp reg rondom, heg met ’n gs in 3de ks van die eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 5: koraal
Heg wol in enige 1-ks-sp, 1 ks (tel nie as ’n st nie), 1 kb in eerste 1-ks-sp, 7 ks, [1 kb in die volgende 1-ks-sp, 7 ks] 10 keer, gs in 1ste kb om te heg.
Rondte 6: koraal
Gs in 7-ks-sp, 3 ks (tel as 1 lb), 7 lb in dieselfde sp, [8 lb in elke 7-ks-sp] rondom, heg met gs in die 3de ks van die eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 7: donkerpers
Heg wol in enige lb, 3 ks (tel as 1 lb), 1 ks, mis 1 st, [1 lb in volgende st, 1 ks, mis 1 st] tot einde van die rondte, heg met gs in 3de ks van eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 8: wit
Heg wol in enige 1-ks-sp, 2 ks, [1 kb in elke lb, 1 ks] tot die einde, heg met gs in die 2de ks van die begin.
Rondte 9: wit
3 ks (tel as lb), 1 lb in dieselfde sp, 2 ks, [2 lb, 2 ks] in elke 1-ks-sp rondom, heg met ’n gs in 3de ks van eerste lb (3 ks). Eindig af.
Rondte 10: donkerpers
Heg wol in enige 1-ks-sp, 3 ks (tel as lb), 1 lb in dieselfde sp, 1 ks, [2 lb, 1 ks] in elke 1-ks-sp rondom, heg met gs in 3de ks van die eerste lb (3 ks).
Rondte 11: donkerpers
3 ks (tel as 1 lb), 1 lb in dieselfde spasie, 2 ks, [2 lb,2 ks] in elke 1-ks-sp tot einde, heg met gs in 3de ks van eerste lb (3 ks).
Rondte 12: donkerpers
3 ks (tel as lb), 1 lb in dieselfde spasie, 1 ks, [2 lb, 1 ks] in elke 2-ks-sp rondom, heg met gs in 3de ks van eerste lb (3 ks). Herhaal rondte 10, 11 en 12 (donkerpers) x 1.
Rondte 13: donkerpers
3 ks (tel as 1 lb), 2 lb in dieselfde spasie, 1 ks, [3 lb,1 ks] in elke 1-ks-sp tot einde, heg met gs in 3de ks van eerste lb (3 ks). Herhaal rondte 13 (donkerpers) x 4.
Rondte 14: koraal
2 ks, [kb in elke lb, 5 ks in elke ks-sp] tot einde, heg met gs in 2de ks van eerste kb (2 ks).
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET