Video: Francois Oberholster | Musiek: www.bensound.com

Wat jy nodig het:

  • botteldoppies
  • swart spuitverf
  • foto's
  • klein, ronde magnete (net kleiner as die doppies)
  • skêr
  • podge
  • verfkwassie
  • warmgompistool

So maak jy: 

Stap 1: Spuitverf die doppies swart, en laat dit goed droog word.

Stap 2: Terwyl jy wag vir die verf om droog te word, soek die foto’s uit wat jy wil gebruik en verklein dit op jou rekenaar sodat dit in die doppies sal pas. Druk dit uit.

Stap 3: Sny die foto’s in sirkels net kleiner as die doppies, en plak vas met die podge. Verf eers ’n lagie podge aan die binnekant van die doppie, sit die foto daarop en verf dan nog twee lae oor die foto. Laat die lae telkens droog word voor jy die volgende laag verf.

Stap 4: Plak ’n magneet aan die agterkant van elke doppie met warm gom.