Ons weet Tuis-lesers span graag, wel, tuis uit, maar klink ’n oorsese vakansie om jou horisonne te verbreed nie aanloklik nie?

Bespreek net, ons doen die res.

Die kuns van Griekse cuisine

WAT 

Dié toer, in samewerking met The Talking Table, is nommerpas vir lekkerbekke. Met die hemelsblou Egeïese See as agtergrond kry jy die kans om die Griekse kookkuns onder die knie te kry in die voorste tavernas en kombuise op dié prentjiemooi kusdorpie Molyvos. 

Sluit aan by klein groepies en maak Griekse frikkadelle, dolmades en baklava – jy kan selfs jou eie kaas maak! Ons program maak voorsiening vir genoeg vrye tyd om die dorpie, sy winkels en kultuur, tavernas, staproetes en strande te verken en te geniet. Kyk hoe die son sak en ervaar die Griekse gevoel van “kefi” – ware lewensgenot.

Almal bly saam in ’n rustige herehuis in die middel van die dorp. Ná ontbyt in die tuin elke oggend vertrek ons na ’n kombuis in die dorp waar ons kook. Ons eet wat ons self maak in ’n Griekse huis of taverna. 

Saans deel ons ’n langtafel; die kos is meestal Grieks en word deur ons gashere berei, maar gaste word aangemoedig om te help met die kosmakery sodat hulle dadelik hul nuwe vaardighede kan begin oefen.

Moet dit nie misloop nie!

WAAR Molyvos op die Griekse eiland Lesbos

WANNEER 7–15 Junie 2019

KOSTE R19 255 (per persoon wat ’n dubbelkamer deel); R24 070 (enkel)*

INGESLUIT Alle kookkursusse PLUS akkommodasie, ontbyt en aandete daagliks.

* Die toerpys sluit visums, reisversekering, vlugte en sakgeld uit.

* Pryse is onderhewig aan verandering weens die wisselkoers.

BESPREEK SÓ

Skakel 087 350 1371 of stuur e-pos aan tuis@flightsite.co.za.

As jy probleme ondervind, stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za. 

Hou dop! Jy kan ook saam met ons Frankryk toe reis waar jy verftegnieke sal leer by die krytverf-ghoeroe Annie Sloan – in ’n pragtige château.

Klik hier as jy meer wil weet oor die Annie Sloan-meesterklas.